|
Na die tyd het ons sòveel komplimente van ons
familie en vriende gekry oor ons troue veral toe almal die fotos op die web-werf
kon sien. Almal praat uit dieselfde mond en sê dat alles ongelooflik stylvol
was en dat die onthaal na die tyd die lekkerste kuier was - presies soos wat
ons dit wou hê. Dit was ook vir ons ‘n ideale geleentheid om afskeid van ons
vriende te kon neem, aangesien ons verhuis het na Hoopstad.
Dankie dat ons geweet het van dag 1 af dat ons
net kan ontspan en alles kan geniet.
Ek spog baie met jou dienste en beveel dit vir
almal aan.
Dankie weereens dat ons groot dag so absoluut
onvergeetlik was.
Baie, baie dankie!
Ons mis jou.
Liefde
Pieter en Ilze Nortje
NS. ONS HET BESLUIT OM WEER NA 10 JAAR ‘N OPSKOP
TE HOU EN RAAI WIE GAAN ONS WEDDING PLANNER WEES? NIEMAND ANDERS AS JY NIE –
WANT JY IS DIE BESTE!!!
___________________________________________________________________________________________________________________
Baie
geluk met 'n uitstekende gereelde troue
Bennie Hancke,
MC 9 Mei 2009 -
Jaco & Magda op Kathu
___________________________________________________________________________________________________________________
Adri
Hoop dit gaan goed met jou. Dit is Sondag ‘n
jaar terug dat jy een van die mooiste dae in my
lewe moontlik gemaak het. Nou wil ek net baie,
baie dankie sê… Daar is nie ‘n dag wat verby
gaan wat ek nie terug kyk op daai perfekte dag
(en my foto’s bewonder) en wens dit kan weer
wees nie. Ek dink jy het die grondslag daardie
dag geplaas vir die mooiheid wat ook in ons
huwelik moet wees… weet dit klink baie cliche!
Kan egter nie dankie genoeg se dat jy daar was
met al jou raad, bystand, ervaring en
ondersteuning. Geniet die naweek!
Laurika & Gerhard
___________________________________________________________________________________________________________________
Hi
Adri,
Ons wil net graag weer vir jou sê BAIE DANKIE
vir jou raad, ondersteuning en werk om ons
troudag en onthaal spesiaal en wonderlik te maak.
Baie dankie vir jou bydrae om te sorg dat ons
spesiale dag vlot en sonder stress verloop het.
Dit was voorwaar 'n sprokiesdag en elke oomblik
was vir ons kosbaar.
Ons waardeer dit baie.
Groete
WJ en Annette
Verreyne
___________________________________________________________________________________________________________________
Hi,
Hoop
dit gaan nog goed daar by jou. Wil net weer baie
baie dankie sê vir al jou moeite en verdriet met
die troue, ek wardeer regtig alles opreg.
Sal niks anders wou hê nie, als was perfek.
Jy
kan ook ook baie dakie sê vir Sune en Marieta
alles was perfek en mense kan nie uitgepraat oor
die lekker kos en die mooi tafels nie.
baie baie dankie!
Baie
liefde
Liezl
___________________________________________________________________________________________________________________
Adri
When your precious baby’s choice of lifelong
partner comes to ask for your blessing on their
future plans, you know there is going to be
“problems” in more than 1 sense.
1. You are going to have to get used to someone
else calling you “Dad”.
2. Your precious is not going to come home every
night anymore.
3. Your bank manager will need to assist.
4. Serious arranging and planning will take
place.
You may not mind the 1st two too much because it
is inevitable. The 3rd one depends a lot
on your financial planning, but the 4th one is
just another choice.
We entrusted the planning and searching to “Your
Wedding Connection” under the capable direction
of Adri and we were not sorry for one moment.
Because we are all busy individuals without the
recourses to hunt for venues, caterers and
dressmakers, we left this to her. There
were decisions, yes, but they were about our
preferences and financial budget.
I want to stress that with the planning, and
providing all the facilities of Your Wedding
Connection everything went without a hitch,
within budget and without sleepless nights.
Your Wedding Connection needs to be praised for
the picture perfect fairytale wedding that we
wanted for our daughter. It was even better than
we could picture thanks to Adri and her team.
Good luck Adri, we will keep on promoting your
services to all we know, and as the saying goes,
advertisement by word of mouth is worth far more
than printed.
Fred and Elsa Ströh
___________________________________________________________________________________________________________________
Beste
Adri
Baie dankie vir jou ongelooflike bydrae tot die
sukses van ons funksie. Dra asb ook my dank oor
aan Arend van Arco asook Colin by "Oliewenhuis"
asook die ander persone wat deel van jou span
was.
Ek het al reuse komplimente regoor die land
ontvang.
Groete
Div Lamprecht CA(SA) - SAICA Eeufeesdinee,
9 Mei 2008
___________________________________________________________________________________________________________________
Liewe
Adri
Ons wil net
graag weer vir jou opreg dankie sê vir jou
uitstekende professionele diens met die
koördinering van ons troue. Jy het oor al
die maande van voorbereidings so baie vir
ons beteken. Ons sou verseker nie beplanning
kon oorleef het sonder jou bekwame bystand
nie!
Baie
dankie vir al ons heerlike konsultasie /
kuiersessies oor 'n koppie koffie. Dit was
sommer 'n groot bonus om so lekker saam met
jou te kon kuier (gewoonlik heelwat langer
as afgespreek...). Jou vriendskap is regtig
spesiaal.
Jy
was absoluut entoesiasties oor al ons idees,
en jy het soveel moeite gedoen om te
verseker dat ons net die beste
diensverskaffers kon gebruik. Die rok, die
musiek, die saal, die dekor, die blomme, die
kos, die foto's... - tot in die fynste
detail was alles net asemrowend,
prentjiemooi en uit die boonste rakke! Ons
het na die tyd sòveel komplimente van ons
familie en vriende gekry oor ons troue.
Alles was ongelooflik stylvol - presies soos
wat ons dit wou hê.
Danksy jou kon ons (en ons ouers!) in die
maande voor die troue rustig wees oor al die
reëlings. Ons kon op ons troudag net ontspan
en elke oomblik ten volle geniet.
Ons groot dag was
absoluut onvergeetlik.
Baie, baie
dankie!
Liefde
Anthony & Leandi
___________________________________________________________________________________________________________________
Adri,
Your suppliers were absolutely amazing, every
one of them. I've received the parcel and I'm so
satisfied with the pictures. They really
captured the mood.
Thanks again!
Clifton & Luntu
___________________________________________________________________________________________________________________
Baie dankie vir al jou
ondersteuning en geduld ! Al die beplanning sou nie moontlik gewees het
sonder jou nie !
Baie liefde,
Mariëtte & Andries
___________________________________________________________________________________________________________________
Hi Adri / Priscilla
Julle was wenners. Baie
dankie, dit was ‘n reuse sukses en my dogter het absoluut gesprankel van
Saterdag oggend wat sy opgestaan het, tot Sondag wat hulle weg is op
honeymoon.
Die laaste twee weke se
trane en onsekerheid of die troue moet voortgaan was pure verniet.
Alhoewel ons nie die
skoonfamilie ken nie en ek nie weet hoe hulle die troue beleef het nie,
het die komplimente ingestroom van ons familie en vriende, Weereens,
baie dankie dit was ‘n geleentheid om op trots te wees.
Oor so 5 jaar, doen ons
dit vir my ander dogter Chantel.
Groete
Michelle
___________________________________________________________________________________________________________________
Liewe Adri……..
Baie dankie vir jou
bydrae om ons troudag onvergeetlik te maak : Ons reis het begin op `n
koue wintersdag in Julie 2006, `n dag nadat ons verloof geraak het. Ons
het jou kom sien om al ons idees te bespreek en ons het sommer van die
begin af net met jou “gekliek” en dadelik tot die besef gekom dat die
Here jou met `n doel oor ons pad gestuur het…….
Die reël en organiseer
van ons mooiste dag so oor die waters, het ontaard in `n pragtige
vriendskap en DIT was die sleutel tot die dag se “ amazing “ sukses : Jy
het absoluut verstaan wat ons wou hê en jou bes gedoen om al ons drome
`n realiteit te maak en vir ons en ons ma`s veral ( ! ), die aanloop tot
die groot dag en die dag self, stresloos te maak.
Ou Adri, jy het die
uitdaging om die tema van “ liefde en kleur “ en “ die kleure van liefde
“ deur alles te vleg, met altwee hande aangegryp. Ons idees was met
soveel entoesiasme geneem en is ontwikkel tot iets tasbaars : Die tema
is deurgedra in alles, van die kontemporêre uitnodigings tot die venue
en dekor wat in die fynste besonderhede aandag aan verleen is. Ons
troudag was inderdaad `n kleurvolle palet van pragtige en onvergeetlike
emosies en ons kry onophoudelik komplimente van al ons gaste wat ons
kleurvolle dag saam met ons gedeel het.
`n Opregte dankie dat jy
my op jou hande gedra het, van ek in Suid Afrika geland het ( net drie
weke voor die troue ) tot op die troue self. Dit was `n “hectic “ en
bedrywige drie weke om alles af te handel : Van rokpas tot finale
besluite op blomme en dekor, maar jy het so `n kalm teenwoordigheid, wat
my ook sommer kalm gemaak het !
Baie dankie vir die
lekker koffie drink – sessies by die Terrace en by Beethovens, dankie
vir die lekker lag – ( en huil ! ) sessies en al jou wyse raad en
bemoediging - ons waardeer dit opreg.
Van Julie 2006 tot Maart
2007 het daar so baie gebeur om ons groot dag flatervry te laat
realiseer. Ons troudag was “ amazing “ – die Heilige Gees was
aanvoelbaar teenwoordig en elke aspek van ons mooiste dag was so geseend.
Ons sal al die kosbare herinneringe van 17 Maart 2007 vir altyd in ons
harte koester…
Liefde en verlange uit
Engeland,
Apie & Michelle Pieterse
___________________________________________________________________________________________________________________
Die volgende het op die
OFM Word of Mouth Forum verskyn:
Ek wil vir Adri
de Vos van Wedding Connection aanbeveel vir ENIGE iemand wat beplan om te
trou en nie self die reëlings wil of kan behartig nie. Sy doen AL die
reëlings vir jou, saam met jou en namens jou, haar diens is puik en niks is
vir haar te groot, te klein of onmoontlik nie! Jou hoef jou oor niks te
bekommer nie - van die oggend vroeg van jou troue tot laat die aand is sy
daar. Selfs as die bruid se toonnael afskeur na sy gedans het, is sy
daar met haar pleisters, pille en simpatie. 'n Groot WOMF vir Adri van
Wedding Connection.
___________________________________________________________________________________________________________________
Liewe Adri en Chiquita
Dankie vir julle ongelooflike groot bydrae tot ons troue! Dankie vir al die
moeite met die voorbereiding, die reëlings, die raad, geduld & aanmoediging
& vir al die detail met die praktiese reëlings.
Ons weet nie hoe ons ons droom troue sou kon uitleef sonder julle hulp nie.
Julle is voorwaalik meer as net professioneel - julle is persoonlik betrokke
en stap werklik die ekstra myl. Dit is wat ons die meeste van julle
waardeer. Ons beveel julle vir enige funksie aan.
Groete
Marius & Helen Wessels
___________________________________________________________________________________________________________________
Liewe Adri
Weereens baie dankie vir die fantastiese dag, en al die moeite wat jy
gedoen het. Dankie dat jy bykans tot die einde gebly het om te verseker
dat alles reg verloop!
Die gaste kan nie uitgepraat raak oor hoe fantasties alles gelyk het nie
en hoe hulle die troue geniet het nie. Ek en Kobus en die gaste het net
die grootste lof vir jou organiserings vaardighede. Jy het seker
gemaak alles verloop volgens reëling en dat die klein “trou jakkalsies”
vinning uitgesorteer word.
BAIE DANKIE!
Vriendelike Groete
Nelle Marais
___________________________________________________________________________________________________________________
Liewe Adri
Sommer al by voorbaat dankie vir al jou moeite, tyd en ander opofferinge
om ons te help met die reël van ons troue!
Dankie ook veral vir jou geduld met ons klomp demanding Pienaars!!
Ons sien vreeslik baie uit en weet dat alles vlot sal verloop in jou
hande - dankie vir hierid egemoedsrus!!
Liefde
Louis & Sophia
___________________________________________________________________________________________________________________
Dit is
hiermee vir my 'n plesier om te getuig aangaande Adri de Vos van Your
Wedding Connection.
Ek
gaan met julle eerlik wees: Ek was maar baie skepties oor die idee van
'n "wedding consultant" toe my ma dit vir my voorstel. Ek is 'n
perfeksionis en (net soos ¾ van die meisies daarbuite) droom ek al van
8jarige ouderdom oor my ridder en ons droom troue. Sal 'n vreemdeling
my troue so goed kan reël soos ek?
Na
baie oortuiging, het ek toe vir Adri ontmoet. Sy was van die begin af
die toonbeeld van professionaliteit en as ek nie van beter geweet het nie,
sou ek kon sweer sy bêre 'n kristalbal onder haar lessenaar. Sy het
onmiddelik (na 1 konsultasie!!) vir my die perfekte lokaal (Indaba Lodge),
fotograaf (Albert van Biljon) en ontwerper (Daniel Ellis) aanbeveel.
Soos die maande gevorder het, het Adri baie meer as net 'n konsultant geword...
sy was 'n oor, 'n skouer en 'n helpende hand. Sy het haar so goed van
haar taak gekwyt, dat ek en my man tyd gehad het om te oefen sodat ons ons
dansbaan met 'n tango kon open - iets wat ons nog altyd wou doen.
Alles is met die grootste sorg en "commitment" gedoen, wat seker vir Adri 'n
uitdaging was, want ek het maar 'n paar "weird" idees gehad... (Vra haar
maar van my trouruiker!)
Op ons troudag (25 November 2005) was ek so kalm
soos kan kom. Glo my... Tussen Adri en Chiki is ek so gepamperlang en
bederf dat nie eers die storm (wat later uitgebreek het!!!) my bui kon bederf
nie. Alles (en ek meen ALLES) was presies soos wat ek dit wou gehad het...
Die kos was fantasties, die musiek was lekker, my rok, hare & grimering was
perfek en wonder bo wonder, was foto's nie vir my 'n marteling nie. Ek het
nie eers my eie bad getap of lipstiffie aangesit nie...
Ek glo wat die verskil gemaak het in alles, is die
feit dat Adri net van die beste in die besigheid gebruik maak - by haar is daar
nie 'n "compromise" op gehalte nie. En dis wat my gerus gestel het toe
Daniel 2 dae voor my troue my hele korset in die asblik gooi en van voor af
begin!!!
Ek kan met eerlikheid sê dat my eie troue die
lekkerste een was waarop ek nog ooit was... En dit sou nie so gewees het as Adri
dit nie gereël het nie.
Daarom wil ek net vir Adri en al die mense wat haar
gehelp het om ons dag so spesiaal te maak, baie dankie sê.
Vriendelike groete
Stephanie Grobler
___________________________________________________________________________________________________________________
Liewe Adri
Waar begin ek om dankie te sê vir als. Jy het
twee van my dogters se huwelike onvergeetlike gemaak. Twee jaar terug met
Marie se troue het ek gedink dit is nie moontlik om te verbeter op so ‘n
mooi dag nie. Alles was perfek gereël en as daar probleme was, weet nie ek
of enige van die gaste daarvan nie, want jy het alles onder beheer gehad.
Riana se troue het my stoutste verwagtinge
oortref. Toe sy my vertel dat haar troue ‘n middeleeuse tema moet hê, het
ek gewonder waar om te begin. Gelukkig het ek by jou uitgekom en jy het
vinnig my probleme uitgesorteer. Dankie vir die kreatiwiteit en moeite wat
jy en jou span ingesit het om die tema deur te voer van die trourok tot die
onthaal. Die bruidspaar sê dit is presies wat hulle oor gedroom het. Die
gaste het regtig saam met ons fees gevier en die komplimente het ingestroom.
Nogmaals baie baie dankie, ek kan my nie voorstel om
‘n huwelik te reel sonder jou hulp nie. Jy dink aan alles en ook aan die dinge
wat agterweê sou gebly het as ons self alles moes doen en reël.
Liefde groete
Celia Geldenhuys
___________________________________________________________________________________________________________________
Adri,
“My Droomdag het aangebreek en met ‘n geruste hart
kon ek elke oomblik daarvan geniet het.”
En alles te danke aan die paadjie wat ons saam met
jou geloop het, die afgelope paar maande. Jy het gesorg dat ons net die
beste kry … venue, fotograaf, videograaf, musiek. Elke klein dingetjie is
tot in die fynste besonderhede beplan, van die afspraak by die prokureur vir die
huweliksvoorwaardekontrak tot die geskenkies op die tafels en die spyskaart.
As ek jou in een word kan opsom: profesioneel.
Baie dankie dat jy ons troue so ekstra spesiaal
gemaak het en ons verwagtinge oorskry het.
Groete
Bennie en Amanda Nothnagel
___________________________________________________________________________________________________________________
Hi Adri
Weereens baie dankie vir al jou hulp. Die dag was 'n groot sukses gewees.
Ek sal jou aanbeveel vir alle bruide want alles wat jy doen, is meer as jou fooi
werd!!!
Baie Dankie
Anell
___________________________________________________________________________________________________________________
Beste Adri,
Ons wil
graag van die geleentheid gebruik maak om jou te bedank vir die uitstekende
diens wat jy gelewer het. Toe Susan my aanvanklik van jou dienste vertel
het was ek ietwat skepties en het nie werklik die waarde van die dienste wat jy
lewer ingesien nie. Vandag weet ek dat die dag nie naastenby so 'n sukses
sou gewees het daarsonder nie.
Dankie ook
vir jou professionalisme ten opsigte van die fotografie, ons twyfel nie dat ons
die beste fotograaf in die land gehad het nie. Dra ook ons dank oor aan
die dames wat die grimering en hare gedoen het, hulle was puik. Die
terugvoer wat ons van die gaste gekry het ten opsigte van die musiek by die
kapel bevestig jou professionalisme. Oor een ding is ons egter spyt en dit
is dat ons nie die blomme ook deur jou gereël het nie.
Moet
asseblief nie skroom om ons as verwysing te gebruik vir potensiële kliënte nie.
Ons sal jou met graagte aanbeveel. Indien jy ooit hier in Johannesburg 'n
draai maak, skakel ons en dan kuier ons saam.
Alle sukses
en voorspoed word jou toegewens vir die toekoms.
Baie groete
Dawie en Susan
___________________________________________________________________________________________________________________
We would like to testify to the professional and helpful service of Adri de
Vos from Your Wedding Connection CC.
We first contacted Adri during August 2002 from London, UK to have an
informal chat about the possibility of using her services for our wedding in
March 2003.
We were very surprised to receive a preliminary budget as well as several
quotations from venues and suppliers a few days later. She also kept us
updated on all the developments via e-mail and made some helpful recommendations
with regard to our budget.
We had a vague idea about how we wanted the proceedings to be and Adri
instinctively incorporated our ideas into the framework of organizing and
negotiating the best possible option for us. Adri went to great lengths to
ensure that we got the best value for our money while still maintaining the
quality of the service.
On the day of the wedding Adri went out of
her way to lighten the load on
everyone involved and assisted us far beyond the call of duty. Her
personal touch combined with her energetic personality made us feel relaxed and
that we were in safe hands.
All her hard work and dedication culminated in memories we will treasure
forever.
Anyone wishing a personal recommendation is more than welcome to contact us
in this regard.
Hendri & Jani Liebenberg
|